Wie is ons

Pianowarrior is een van die ontluikende klavier tegnikuste in die mark.  Ek het 3 jaar se opleiding ontvang in die stem en herstel van klaviere.  Ek glo omdat ek siggestremd is, het het die kuns bemeester om ’n klavier op gehoor te stem selfs makliker kon aanleer.

In my opleiding is ek ook geleer om klaviere te herstel wat ’n vereiste is indien daar dalk ’n fout in ’n klavier gevind word.

Ek bevind my in Limpopo en gee aan kliënte die voordeel dat ek sentraal geleë is en dus kan ek ’n goedkoper tarief vir my dienste vra.  Ek stem nie net in Limpopo nie, maar waar ook al my dienste benodig word.

Dit is van kardinale belang vir ’n klavierstemmers om kennis van musiek te dra.  Ek speel graag self klavier.  Ek het ook formele orrel opleiding ontvang om die korrekte tegniek te bemeester.

Visie

Ek wil graag onder die top tegnikuste in die land gereken word deur goeie diens aan kliënte te gee.  My groot ideaal is om by die Piano Technicians Guild in Amerika te registreer wat die grootste klavier gilde in die wêreld is.

 

Missie

Die enigste manier om onder die top klavier tegnikuste gereken te word, is deur eerlike en flinke dienslewering. 

 

My leuse

As jy ontevrede met my gelewerde diens is, kontak my dat ek die fout kan regstel.  As jy tevrede is, sê vir almal waar jy kom.