Ek het omlangs die geleentheid gehad om ’n klavier van omtrent 150 jaar oud te stem. Wat opvallend was, is dat die klavier se meganiese dele nog 100% werk. Die klavier is ook 100% stembaar. Dit is ongelooflik vir so ou klavier as sy ouderdom an ag geneem word. Die eienaar of eienaars van die klavier het duidelik hom baie goed opgepas deur die jare. Ek deel ’n foto van die klavier op my Facebook-blad @pianowarrior.
Ek het ook ’n jonger klavier herstel waarvan die parte van koolstofvesel gemaak is. Van die parte het so erg verweer dat dit alreeds vervang moet word. Hout bly nog altyd die beste keuse.