Stem van klavier
Klavier stem behels om elke noot van die klavier in verhouding met mekaar reg te trek. A4 (dit wil sê die A bokant middel C) is die beginpunt vanwaar die eerste oktaaf ingestem word. Hier is dit belangrik dat die 4des en 5des konstant klink. Daarna word daar in oktawe gestem. Let wel dat ek nie van ’n stem apparaat gebruik maak nie en suiwer op die oorwerk. Sien die vrae en antwoorde seksie vir meer inligting.
Herstel van klavier
Die klavier het etlike duisende parte. Aangesien daar so baie bewegende dele in die klavier is, vind slytasie plaas. Met tyd moet sommige parte herstel word om die klavier weer 100% te laat funksioneer. Sien vrae en antwoorde seksie vir meer inligting.
Regulasie van klavier
Regulasie van die klavier kan die maklikste verduidelik word deur dit te vergelyk met kalibrasie. Wanneer ’n klavier gereguleer word, word dele gekalibreer om weer in verhouding te funksioneer. Voorbeelde van kalibrasie sluit in:
- Afstand tussen hammer en snaar;
- Wanneer die opstoter wat die hammer opstoot terug skop dat die hamer in posisie kan van en
- Die stel van die dempers.
Deur middel van regulasie kan die aanslag van die klavier ook verbeter word om vir die pianis die beste moontlike aanslag te gee. Sien die vraag en antwoorde seksie vir meer inligting.
Diens van klavier
Al is ’n klavier toe, kan mens steeds nie glo hoeveel stof ’n klavier binne kan opgaar nie. By elke diens word de klavier deeglik skoongemaak, selfs die plekke wat nooit sigbaar is vir die pianis nie. Met tyd mag daar selfs roes op die snare aanpak en dit word ook dan afgehaal deur ’n spesiale tegniek te gebruik.
By elke diens word die klavier ook behandel vir insekte. Let wel dat ’n klavier baie velt bevat en is aanloklik vir insekte.
Sien die vraag en antwoorde seksie vir meer inligting.
Evaluasie van klavier vir versekering
Soms is dit nodig om ’n evaluasie te kry vir versekeringsdoeleindes. Pianowarrior help graag daarmee.