Ek het die uitdaging aanvaar om aan ‘n baie ou aksie te werk. Die aksie werk heeltemal anders as die moderne aksie. In engels word dit ‘n “overdamper” genoem. Ons verwys spottend gewys na so aksie as ‘n voëlhok.
Dit is egter moeiliker om aan sulke aksies te werk en ‘n klavier te stem wat so ‘n aksie in het aangesien mens rekening moet hou met die drade wat die dempers vashou wanneer mens die rubber indruk om die kantste snare te demp.