Nuutste uitdaging

Nuutste uitdaging

Ek het die uitdaging aanvaar om aan ‘n baie ou aksie te werk.  Die aksie werk heeltemal anders as die moderne aksie.  In engels word dit ‘n “overdamper” genoem.  Ons verwys spottend gewys na so aksie as ‘n voëlhok.

 

Dit is egter moeiliker om aan sulke aksies te werk en ‘n klavier te stem wat so ‘n aksie in het aangesien mens rekening moet hou met die drade wat die dempers vashou wanneer mens die rubber indruk om die kantste snare te demp.

 

Historiese klavier

Ek het omlangs die geleentheid gehad om ’n klavier van omtrent 150 jaar oud te stem.  Wat opvallend was, is dat die klavier se meganiese dele nog 100% werk.  Die klavier is ook 100% stembaar.  Dit is ongelooflik vir so ou klavier as sy ouderdom an ag geneem word.  Die eienaar of eienaars van die klavier het duidelik hom baie goed opgepas deur die jare.  Ek deel ’n foto van die klavier op my Facebook-blad @pianowarrior.

Ek het ook ’n jonger klavier herstel waarvan die parte van koolstofvesel gemaak is.  Van die parte het so erg verweer dat dit alreeds vervang moet word.  Hout bly nog altyd die beste keuse.

Opwindende geleentheid vir later in die jaar

Ek stem en herstel nie net klaviere nie.  Ek is ook ‘n orrelis by my plaaslike gemeente.  So 2 weke gelede is ek deur ‘n opera sanger gevra of ek hom sal begelei op die orrel.  Dit is ‘n opwindende geleentheid wat gaan plaasvind.  Ek sal later meer besonderhede oor die geleentheid deurgee.

Sedert stigting

Sedert Pianowarrior begin het, het ek talle klaviere gestem onder andere by privaat kliente, kerke, skole, tehuise vir bejaardes (waar ek onderneem het om gratis te stem) en by gastehuise.

 

Dankie vir die ondersteuning.

 

Hierdie jaar wil Pianowarrior aangaan en groei met my nuwe vakleerling.  Glo dit of nie, dis my ma wat my help met herstelwerk en ek is dankbaar daarvoor.