It is strongly recommended that you obtain a qualified technician’s opinion before buying. Although the piano may still look perfect, the playing mechanism might need attention. Some customers are lucky to find a good deal but others might only find out later that the piano needs severe repairs before tuning. Dit word sterk aanbeveel om ’n gekwalifiseerde tegnikus se opinie te bekom alvorens ‘n klavier aangekoop word. Die instrument mag dalk baie mooi lyk van buite terwyl die speelmeganisme moontlik aandag nodig het. Sommige kliënte is gelukkig om ‘n klavier in ‘n goeie toestand raak te loop, maar dit gebeur ook dikwels dat die koper eers later uitvind dat die klavier ernstige herstelwerk nodig het alvorens dit gestem kan word. Yes, outside walls are more prone to changes in temperature. If an outside wall also has the tendency to draw dampness, it can have a negative influence on the wear and tear and lifetime of the piano. Ja, buitemure is meer vatbaar vir temperatuurverskille. Indien die buitemuur ‘n geneigdheid het om vog te trek, kan dit ook ‘n nadelige invloed hê op die slytasie en leeftyd van die klavier. Yes for sure. A grand piano sounds best when placed towards the middle of the room. An upright piano sounds great when placed against the wall in the centre of adjacent walls. Ja, beslis. ’n Vleuelklavier gee die beste klank indien dit in die middel van die vertrek geplaas word. ’n Regop klavier klink weer beter indien dit teen ’n muur in die middel van aangrensende mure geplaas word. These devices are mostly inaccurate due to acoustics and/or dust that gathers on the microphone which can have a negative effect on the frequency that is being captured. All pianos are different and have to be tuned according to their unique situation. Hierdie toestelle is meesal nie betroubaar nie weens die akoestiek en/of stof wat op die mikrofoon kan versamel en sodoende die frekwensie negatief kan beïnvloed. Elke klavier is uniek en behoort daarvolgens gestem te word. It is a chromatic tuning device similar to a guitar tuner. With a chromatic tuning device one can tune the instrument note by note. There are also apps available for smartphones. Dit is ’n toestel soortgelyk aan ’n chromatiese kitaar stemmasjientjie. Met chromaties word bedoel ’n apparaat wat die geleentheid bied om ‘n instrument noot vir noot te stem. Daar bestaan ook toepassings vir slimfone. A typical sign is to look at his/her tuning approach. A piano tuner without formal training will tune the piano note by note using an electronic tuning device. Some inexperienced tuners will claim that they tune by ear and only use their electronic tuning device for the first note A4, yet the device is left switched on during the tuning session. Let op die klavierstemmer se benadering: ’n onervare stemmer sonder formele opleiding is meesal afhanklik van ’n elektroniese stemapparaat. Sommige onervare stemmers sal aanvoer dat hulle net die eerste noot A4 met die stemapparaat instem en verder op gehoor stem. Die stemapparaat bly ook soms aangeskakel tydens die stemproses.